Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Re: "Kontinentale Drywing" deur CHARL DURAND
Re: "Kontinentale Drywing" deur CHARL DURAND [boodskap #34693] Vr, 22 September 2000 00:00
KaapseKind  is tans af-lyn  KaapseKind
Boodskappe: 82
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Volle Lid
Vir iemand - soos ek - wat lief is vir die see:
Ongelooflike digkuns!

Dankie.
Uit die huisie by die see, 'n Kaapse meisiekind

skryf in boodskap news:39CCDB6F.C6659E1F@home.com...
KONTINENTALE DRYWING
Charles Durand

het my skiereiland vir jou te klein geword
het jy die padkaart met jou wysvinger gevolg
by die flouerige lig van verwarring
wat ophelder tot jou professionele sonopkoms?

al die jare kon ek jou vang voor die waterval
ek kon vir jou visvang, ek kon jou ekologies behandel
jy't saam met my verstedelik
jy't saam met my elke winter verjaar

en nou sê jy -
jou sandduin het verskuif
die lugfoto's kan jy nou verduidelik
miskien is dit hoekom jy huil

skielik het die seisoenale monsoene hulself vergeet...

ek hoop jy kan my bo die sikloon hoor skree
ek wil jou laat weet van mooiweer,
verspoelings wat herstel is na die onlangse reën, en

as jy kans kry om in die atlas te kyk, seblief beskryf
waarheen die kontinente dryf?
Vorige onderwerp: Gedigte
Volgende onderwerp: "Son op jou tong" deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 09:29:37 MGT 2024